S v VAN HEERDEN EN ANDER SAKE 2002 (1) SACR 409 (T)
[zRPz]S v VAN HEERDEN EN ANDER SAKE 2002 (1) SACR 409 (T)
2002 (1) SACR p409
Citation
2002 (1) SACR 409 (T)
Court
Transvaalse Provinsiale Afdeling
Judge
Van der Walt R en Grobbelaar R
Heard
November 12, 2001
Judgment
November 12, 2001
Annotations
Link to Case Annotations
G
[zFNz]Flynote : Sleutelwoorde
Verkeersoortredings - Aanhoor van deur mobiele howe -
Onreëlmatighede by - Prosedurele onreëlmatighede, samestelling van
rekords onreëlmatig en oorskryding van neergelegde boetes - Optrede van
landdros so deurspek met onreëlmatighede dat alle sake waarin landdros
by mobiele hof 'n aandeel gehad het ter syde gestel. H
[zHNz]Headnote : Kopnota
Die Hof moes op hersiening verskeie sake wat
afkomstig was van verrigtinge by 'n mobiele hof oorweeg. Die Hof het sy
kommer uitgespreek teen die onreëlmatighede wat plaasgevind het by die
mobiele hof en die vraag gevra of die arrestasie van verkeersoortreders I
by die mobiele hof slegs en uitsluitlik ten doel was om die oortreders
voor die hof te bring. Dit het egter gelyk of daar 'n element van
terrorisering daarin vervat is wat ook die doel sou hê om die boete
insameling te vergemaklik. Onwettig sou die arrestasie nie wees nie,
maar seer sekerlik laakbaar en dit kon alleen dien om die agting wat
lede van die publiek vir die regsproses moet hê in gedrang te bring. J
2002 (1) SACR p410
Die Hof het die verdere vraag gestel of dit
veroorloof was om 'n persoon na arrestasie vir 'n verkeersoortreding
onmiddellik hof toe te A neem vir verhoor. Een
van die fundamentele regte wat 'n beskuldigde kragtens art 35 van die
Grondwet het, is die reg tot regsverteenwoordiging. Hierdie reg is
kragteloos as dit nie aan 'n beskuldigde meegedeel en verduidelik word
nie. Dit is inderdaad wat art 35(3)(f) van die Grondwet bepaal en wat die Grondwet verg van die voorsittende beampte in die verhoor van 'n beskuldigde. B
Die Hof het verder opgemerk dat skulderkenningsboetes
bepaal word volgens 'n bepaalde norm soos blyk uit die voorskrifte van
art 57(5) van die Strafproseswet 51 van 1977. Op die betrokke dae by die
mobiele hof het die landdros egter self die bedrae van
skulderkenningsboetes bepaal wat die neergelegde norm ver oorskry het.
In die onderhawige saak met 'n spoed van 143 km per uur en waar die
spoedperk 120 km per uur is, is die norm 'n boete van R200 terwyl die C beskuldigde inderdaad met R4 000 beboet is.
Dit het geblyk uit 'n ondersoek deur 'n lid van die
Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings dat die formele
hofstukke eers ná die verhore ingevul is en dat die vorms ook deur die
landdros voltooi is. Die Hof het opgemerk dat dit egter die taak was van
die aanklaer en nie van die voorsittende landdros nie om sodanige
klagstate te voltooi. D In elk geval moes die klagstate voltooi en beskikbaar gewees het by die aanvang van die verhore.
Volgens die mening van die Hof op hersiening was die
hele regsproses grondliggend aan die skuldigbevinding van
spoedoortreders deur die mobiele hof deur onreëlmatighede verdag gemaak.
Die onreëlmatighede kleur ook die gevalle waar daar
skulderkenningsboetes betaal is sonder 'n verhoor. E
Om 'n oorwoë regterlike oordeel toe te pas sou dit
normaalweg wenslik wees om die feite en rekord van elke geval
afsonderlik te beskou en te beoordeel en om so te bepaal of reg
behoorlik geskied het. Die optrede van die landdros op die twee dae in
die mobiele hof by Kranskop/Mantsole was egter so deurspek wat
onreëlmatighede in die prosedure, die samestelling van die rekords, die
oorskryding van F neergelegde boetes en dan
veral die vereenselwiging van die landdros met die Departement van
Vervoer se 'Arrive Alive' veldtog dat die belangrike skeiding tussen die
uitvoerende gesag soos beliggaam in die Departement van Vervoer en die
regsprekende gesag soos beliggaam in die landdroshof heeltemal vervaag
is.
Die noodwendige gevolg van die landdros se optrede
was dat die regsproses in die oë van die publiek verdag en belaglik
gemaak is. In G plaas van respek vir die reg
af te dwing het dit waarskynlik net die teenoorgestelde uitwerking
gehad. As dit die manier was waarop reg by 'n mobiele hof toegepas word,
word die lofwaardige oogmerk van die 'Arrive Alive' veldtog - om
verkeersveiligheid te bevorder - in gedrang gebring. Die samedromming
van mense en voertuie op die N1 soos beskryf H
deur die landdros, het waarskynlik 'n ernstige padgevaar geskep in
plaas van om dit te verhoed. Miskien moes daar weer gekyk word na die
gebruik van mobiele howe ten tye van so 'n veldtog. Miskien moet
kennisgewings ingevolge art 56 van die Strafproseswet op die gebruiklike
wyse aan oortreders oorhandig word en personeel by die I
naaste landdroshof beskikbaar wees indien oortreders
gerieflikheidshalwe onmiddellik skulderkennings wil betaal. Andersins
moet die regsproses sy gewone loop neem.
Volgens die mening van die Hof op hersiening, 'n
sirkus soos blyk uit die beskrywing van die toneel by die
Kranskop/Mantsole mobiele hof deur die landdros in haar redes, bevorder
nie die regspleging nie en behoort nooit weer toegelaat te word om plaas
te vind nie. J
2002 (1) SACR p411
Reg sou alleen kon geskied as al die verrigtinge
waarin die landdros op 14 en 15 Januarie 2001 by die Kranskop/Mantsole
mobiele hof 'n A aandeel gehad het en die wat later eers voltooi is, ter syde gestel word.
[zFNz]Flynote : Sleutelwoorde
Traffic offences - Hearing of by mobile courts - Irregularities at - Procedural irregularities, B
irregularities in compiling of records and imposition of fines which
exceeded laid down amounts - Conduct of magistrate so tainted by
irregularities that all cases in which she had had a role set aside on
review.
[zHNz]Headnote : Kopnota
The Court was required to consider on review a number
of cases which emanated from proceedings at a mobile court. The Court
expressed its disquiet at the irregularities which had been committed at
the C mobile court and questioned whether the
arrest of traffic offenders at the court was solely for the purposes of
bringing the offenders before court. It appeared however that there had
been an element of coercion which also had as its purpose to ease the
collection of fines. Although the arrests would not be unlawful they
would certainly be reprehensible and would serve only to diminish the
regard the public has for the D legal process.
The Court posed the further question, viz whether it
was permissible to bring a person to court immediately after arrest for a
traffic offence. One of the fundamental rights which an accused had in
terms of s 35 of the Constitution was the right to legal representation.
This right was worthless if it was not brought to the attention of the
accused and explained to him. This is precisely what s 35(3)(f) of the E Constitution provided and what the Constitution required of the presiding officer in the trial of an accused.
The Court remarked further that admission of guilt
fines were determined according to a prescribed norm as appeared from
the provisions of s 57(5) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977. On
the relevant days at the mobile court the magistrate set the amounts of
the admission of guilt fines herself and exceeded by far the laid down F
norm. In the present case where the accused had been speeding at 143
kilometres per hour where the speed limit was 120 kilometres per hour
the norm was a fine of R200 whereas the accused had been fined R4 000.
It appeared from an investigation by a member of the
office of the Director of Public Prosecutions that the formal court
documents had only been filled in after the trials and that they had
been filled in G by the magistrate. The Court
remarked that it was the task of the prosecutor and not of the presiding
magistrate to fill in charge sheets. In any event the charge-sheet
should have been completed and available at the commencement of the
trials.
In the opinion of the Court on review the whole legal
process underlying the conviction of speeding offenders by the mobile
court had been rendered suspect by the irregularities. The
irregularities tainted H also the cases where admissions of guilt had been paid without a trial.
To apply a considered judicial judgment it would
normally be advisable to consider the facts and record of each
individual case and to determine whether justice had been properly
applied. The actions of the magistrate on the two days in the mobile
court at Kranskop/Mantsole was however so tainted by irregularities in
terms of procedure, the I compiling of the
records, the exceeding of the laid down fines and especially the
association of the magistrate with the Department of Transport's 'Arrive
Alive' campaign that the important distinction between the executive
authority as embodied in the Department of Transport and the judicial
authority as embodied in the magistrate's court had been totally
blurred. J
2002 (1) SACR p412
The necessary result of the magistrate's actions was
that the legal process was rendered suspect in the eyes of the public
and made to look A ridiculous. Instead of
commanding respect it probably had the opposite effect. If this was the
manner in which law was applied at a mobile court, the praiseworthy
objective of the 'Arrive Alive' campaign, namely to promote road safety,
had been jeopardised.
The congregation of people and cars on the N1 as
described by the magistrate probably created a serious road danger
instead of preventing B it. Perhaps there
needs to be another look at the use of mobile courts during such a
campaign. Perhaps notices in terms of s 56 of the Criminal Procedure Act
should be handed to offenders in the usual manner and that staff be
available at the closest magistrate's court if offenders wish to pay
admissions of guilt fines for the sake of convenience. Otherwise the
normal legal process should be followed. C
In the opinion of the Court on review, a circus such
as that appearing from the description of the scene at the mobile court
by the magistrate in her reasons does not promote the administration of
justice and ought never again be allowed to take place. Justice could
only prevail if all proceedings in which the magistrate had presided on
14 and 15 January 2001 at the mobile court, and those which were only
completed D later, were set aside.
[zCIz]Case Information
Hersiening.
[zJDz]Judgment
Van der Walt R: Die Desember 2000 - Januarie 2001 skoolvakansie het geëindig op 15 Januarie E 2001. Die skole sou weer begin op 16 Januarie 2001.
Die Hof neem daarvan kennis dat aan die einde van
skoolvakansies en oor lang naweke daar veel meer motors op ons land se
paaie voorkom as ander tye. Vakansiegangers is op pad na
vakansiebestemmings of op pad F terug na hul huise na afloop van die vakansie of lang naweek.
Die Hof neem ook daarvan kennis dat groter verkeersvolumes die moontlikheid van motorbotsings op ons padnetwerk verhoog.
Verder neem die Hof daarvan kennis dat vanweë die
toenemende aantal motorbotsings met gepaardgaande sterftes en beserings
die owerhede landswyd 'n padveiligheidsveldtog met verskerpte
wetstoepassing teen G padgebruikers wat
verkeerswette oortree geloods het. Veral word dit toegepas in bogemelde
tye van die jaar wanneer verkeersdruk toeneem. Dit is die sogenaamde
'Arrive Alive' veldtog van die Departement van Vervoer.
Teen hierdie agtergrond het die Minister van Justisie ingevolge die H bepalings van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 en wel art 2(1)(h) daarvan deur 'n kennisgewing in die Staatskoerant onder meer die Mantsole Beheersentrum in die landdroshof setel van Warmbad aangewys as 'n plek waar hofsittings gehou kan word.
By die plek, so verstaan ek die getuienis, word daar busse getrek I
waarvan een as hofsaal en die ander as selle gebruik word. Dit is 'n
sogenaamde mobiele hof wat dan staan gemaak word reg langs die N1
snelweg na die Noorde in die Warmbad omgewing.
Op 14 en 15 Januarie 2001 het 'n landdros mev M
Swanepoel, van Warmbad landdroshof, by hierdie Kranskop/Mantsole mobiele
hof langs die N1 snelweg hofsittings in die bus gehou. J
2002 (1) SACR p413
VAN DER WALT R
Die oogmerk van die hofsittings was om verkeersoortreders op die N1 A snelweg ter stond voor die hof te daag en te verhoor as opsigtelike wetstoepassing ingevolge die 'Arrive Alive' veldtog.
Om die doel te bereik was daar op die snelweg in die
onmiddellike omgewing van die mobiele hof spoedmetingsapparaat opgestel
beman deur verkeersbeamptes waarvan daar 'n hele aantal skynbaar diens
gedoen het. B
Die slagting was groot onder die terugkerende
vakansiegangers wat met hul gesinne op pad was. Die verkeersbeamptes en
die hof het in hoogste rat en volstoom gewerk om verkeerswette te laat
seëvier oor die groot aantal oortredende motoriste.
Op hersiening is een van hierdie oortreders se saak aan my voorgelê vir bekragtiging. Die voorlegging dra die Griffier van die C
Hooggeregshof se stempel van 14 Mei 2001, alhoewel die landdros reeds
op 15 Januarie 2001 die vonnis opgelê en die J4 dekblad laat tik,
gestempel en geteken het.
Die J4 dekblad wat die landdros onderteken het bevat die volgende sertifikaat en dit is wat die landdros onderteken. D
'Ek sertifiseer dat die aangehegte
stuk die oorkonde van die verhoor in bogenoemde saak is wat op die
gemelde datum voor my verhoor is. Verder sertifiseer ek dat die
beskuldigde op gemelde datum meegedeel is dat die prosesstukke deur die
klerk van die hof Warmbad binne sewe dae deurgestuur sou word vir
hersiening deur die Hoërhof van Suid-Afrika (Transvaalse Provinsiale
Afdeling).' E
Die datum van verhoor, vonnis en ondertekening van die
sertifikaat is 15 Januarie 2001. Alles het volgens die sertifikaat op
dieselfde dag geskied en ook die rekord en redes is op daardie dag
volledig voltooi en getik. Die oorkonde wat netjies getik is en wat die
sertifikaat vergesel beslaan 24 bladsye waarvan die redes vir die F vonnis strek vanaf bl 5 - 24. Uit die inhoud van die redes is dit egter duidelik dat dit ná 7 Februarie 2001 geskryf is.
Die oortreding waarvan die beskuldigde aangekla is, is
'n oortreding van arts 1, 59(1), 59(2), 59(3), 69, 89(1), 89(3) en reg
293 van Wet 93 van 1996. G
'Deurdat die beskuldigde op of
omtrent 15 Januarie 2001 en te of op Kranskop/Mantsole B604 Snelweg 'n
openbare pad in die distrik van Warmbad wederregtelik 'n voertuig BMW
JYR 254 GP teen 'n snelheid hoër as die algemene snelheidsgrens wat ten
opsigte van die betrokke pad geld bestuur het, deurdat hy teen 'n spoed
van 143 km per uur in plaas van 120 km per uur bestuur het.' H
Die betrokke verkeersbeampte het aan die beskuldigde
'n skriftelike kennisgewing om in die hof te verskyn kragtens art 56 van
die Strafproseswet 51 van 1977 oorhandig. Die hofverskyningsdatum was
te Warmbad op 15 Januarie 2001. Die kennisgewing is gedateer I
15 Januarie 2001 met die tyd van oorhandiging om die beskuldigde
aangeteken as 17:35. Dit lei ek af uit die bewoording van die
kennisgewing. Geen skulderkenningsbedrag word as boete aangedui nie.
Die beskuldigde het by verskyning skuldig gepleit, is
skuldig bevind en gevonnis tot 'n boete van R4 000 of vier maande
gevangenisstraf. Die boete is dadelik betaal. J
2002 (1) SACR p414
VAN DER WALT R
Na aanleiding van die redes is die volgende navraag aan die voorsittende landdros gerig: A
'U het 'n baie deeglike uitspraak
oor vonnis gegee. Ek kan egter nêrens in die rekord die getuienis van
persberigte, padtoestande, verkeersvolumes, wemelende voetgangers en
wetstoepassers ten tye van die oortreding vind waarna u verwys nie. Nog
minder - as dit u eie kennis is - dat 'n geleentheid aan die beskuldigde
gegee is om daarop B te antwoord. Wil u dit miskien verduidelik?'
Die verduideliking is gedateer 12 Junie 2001 en beslaan 16 bladsye.
Die redes van die agbare landdros wat die navraag deur my ontlok het was die volgende:
'Beskuldigde het op die
Kranskop/Mantsole/Pretoria snelweg die voorgeskrewe spoedperk van 120 km
per uur oorskry deurdat hy sy C Nissan motorvoertuig 143 km per uur gery het. Hy het kinders in die voertuig gehad toe hy so vinnig bestuur het.
Beskuldigde het die oortreding
begaan die aand voor die Gautengse en ander skole geopen het. Die
verkeersvloei was uiters druk aangesien dit die laaste aand van die
skoolvakansie was. Die pad het gewemel van D
huurmotors, busse en voertuie van vakansiegangers wat teruggekom het van
vakansie. Die pad het ook gewemel van voetgangers en passasiers wat
buite hulle voertuie was sowel as wetstoepassers wat oral diens gedoen
het op die pad. . . .
Die spoedlokval was nie ver van die
punt waar die padblokkade by die hof gehou is nie. By die spoedlokval
het die voertuie in toue gestaan met wetstoepassers en reisigers binne
en buite hulle voertuie. 'n E Voertuig wat met
'n hoë spoed hierdie area sou nader sou definitief probleme ondervind
het met die hantering van die toneel wat hom sou begroet. Alhoewel daar
niks met die padtoestand geskeel het nie het daar die vorige hofmiddag
om ongeveer 14:00 'n bui reën uitgesak. Die padoppervlak was nie droog
nie en tel hierdie feit definitief nie in beskuldigde se guns nie. Die
oortreding het op die snelweg plaasgevind om 13:20.' F
Nouja - die agbare landdros het twee feite verwar -
die Nissan in plaas van BMW en 13:20 in plaas van 17:30. Laasgenoemde is
'n ernstige mistasting as dit saamgeneem word met genoemde kennis van
toestande van die padoppervlak wat dan teen beskuldigde in ag geneem
word. G
Die verdere redes en regverdiging deur die agbare landdros verskaf met betrekking tot bogemelde waarnemings is:
'Die mobiele hof vertrek was reg
langs die betrokke snelweg geparkeer met 'n duidelike uitsig op die
snelweg na beide kante sowel as waar die padgebruikers voorgekeer is.
Die mobiele vertrek het dan 'n duidelike uitsig gehad op die
padgebruikers wat reeds gevonnis was H en tot
'n sekere area beperk was. Ook het die hof 'n duidelike uitsig gehad oor
die voertuie wat afgetrek is sowel as die padgebruikers en
verkeerspersoneel wat heen en weer oor die terrein insluitende 'n
gedeelte van die snelweg, beweeg het.
Met die minimum poging (rek van nek)
het die hof ook 'n duidelike uitsig gehad oor die rye en rye mense wat
erkennings van skuld wou betaal sowel as die rye persone wat gewag het
om in die hof te verskyn. I
Met die minimum poging kon die hof
ook duidelik die aftrekpunte sien sowel as die rye en rye voertuie wat
in gelid gewag het.
Die hof het verskeie kere verdaag en
moes ek as voorsittende beampte letterlik my weg baan tussen die baie
persone wat rondgestaan het, insluitende verkeerspersoneel.' J
2002 (1) SACR p415
VAN DER WALT R
Dit is alles baie insiggewend maar wat ter sake is, is
feite en toestande wat bestaan ten tye van die oortreding. Algemene
waarnemings A deur die dag is irrelevant en ontoelaatbaar.
Vir sover die agbare landdros alles so duidelik in die
hele omgewing kon sien, verwyt sy daarteenoor die beskuldigde in haar
redes vir vonnis dat B
'. . . hy 'n potensiële gevaar en
risiko geskep (het) deur so vinnig te ry in druk verkeer teen
skemeraand. Die sig was ook nie na wense nie aangesien dit teen 17:30
reeds skemeraand was.'
Die rekord en verdere redes is na die Direkteur van Openbare vervolgings vir kommentaar deurgestuur. C
Advokaat P H H Fick SC, Adjunk Direkteur van Openbare
Vervolgings, Transvaal het die saak hanteer, bygestaan deur adv E Jacobs
en S Klein.
Aangesien daar ook klagtes van lede van die publiek
deur die Direkteur van Openbare Vervolgings oor optredes by die mobiele
hof ontvang is, het adv Fick reeds voor my navraag self ondersoek
ingestel. D Sy verslag oor hierdie ondersoek
is ook voor my. Hy het die landdroskantoor te Warmbad besoek en hy het
toe bewus geraak van sekere onreëlmatighede ten aansien van die
hofverrigtinge op 14 en 15 Januarie 2001.
Ten spyte van sy versoek aan die hooflanddros dat al die oorkondes E
van die hofverrigtinge saam deurgestuur word vir hersiening kom dit
voor of die agbare landdros, mev Swanepoel, die oorkondes een vir een
deurgestuur het maar aan die hooflanddros gerapporteer het dat al die
sake deurgestuur is.
Dit het meegebring dat van die sake wel op hersiening bekragtig is F
deur verskillende Regters. Ander sake is nog nie bekragtig nie vanweë
navrae wat gerig is deur Regters, soos in hierdie geval van Van Heerden.
Dan is daar ook 'n groot aantal sake wat nie vir hersiening voorgelê is
nie.
Na aanleiding van die skynbare onreëlmatighede het adv
Fick die saak met my bespreek en het ek versoek dat sover moontlik al
die sake wat op 14 en 15 Januarie 2001 voor landdros Swanepoel gedien
het verkry word, oor kommentaar gelewer word en aan my vir hersiening G kragtens art 304(4) van die Strafproseswet 51 van 1977 voorgelê word.
In die loop van adv Fick se ondersoek is die getikte
oorkonde van die twee dae se hofverrigtinge bekom. Die landdros het die
opname masjien vir die meganiese oorkonde nie altyd reg hanteer nie en
kon sommige H sake nie duidelik opgespoor word
in die transkripsie van die meganiese oorkonde nie want die sake is nie
behoorlik van mekaar onderskei nie. Deur van motorregistrasienommers of
ander persoonlike gegewens gebruik te maak kon sommige sake wel
opgespoor word.
Wat die onderhawige saak betref verskil die transkripsie van die I landdros se notas en is die amptelike rekord voor die hof saamgestel op grond van die landdros se notas.
As die transkripsie korrek is het die beskuldigde
nooit gesê hy en sy kinders wou by die huis kom nie. Dit is iets wat net
in die notas verskyn. Inderdaad lyk dit vreemd want beide die
transkripsie en die notas toon aan dat beskuldigde gesê het hy het geen
afhanklike kinders nie. Dit word J
2002 (1) SACR p416
VAN DER WALT R
belangrik as daarop gelet word dat die agbare landdros die beskuldigde sy spoed verwyt het in die redes in die A vonnis:
'Hy het sy kinders in die motor gehad toe hy so vinnig bestuur het.'
'n Insiggewende en onbesonne uitlating is deur die
agbare landdros in die loop van verrigtinge in die hof gemaak en
skynbaar sonder dat sy verder gedink het aan die opname masjien wat
opneem en verskyn op bl B 56 reëls 20 - 2 van die transkripsie, te wete:
'Hof:
Ons wag vir sake. Julle is te stadig. Ja. Ons trek nou maar by hoeveel,
73 cases that is all. We have not even taken R10 000, R15 000.'
Tereg kan die vraag gestel word of geregtigheid hier die oogmerk was of fondsinsameling vir die Staatskas. C
Die ondersoek en ontleding van die sake op 14 en 15
Januarie 2001 deur landdros Swanepoel verhoor, gedoen deur adv Fick en
gemelde Staatsadvokate, het verskeie onreëlmatighede in die
regsprosedure wat gevolg is, blootgelê.
Ten aansien van verkeersoortreders is skriftelike kennisgewings D kragtens art 56 van die Strafproseswet 51 van 1977 deur verkeersbeamptes voltooi.
Hierdie kennisgewings is egter nie aan die betrokke
oortreders oorhandig nie, ten spyte van so 'n verklaring in die
kennisgewing.
Die oortreders is summier gearresteer en dadelik na die mobiele hof gebring om verhoor te word. E
(Dit blyk uit die agbare landdros se verdere redes
verskaf in die Staat teen J C Hendricks, Warmbad saaknr 8283/2001,
Landdroshofreeksnr 27/2001; Hooggeregshof verwysingsnr 3707.)
As die skriftelike kennisgewing aan die oortreder
oorhandig sou gewees het, sou die oortreder ingevolge art 56(2) nie
onder arres kon F gebly het nie en sou daar nie rye persone gewees het wat gewag het (onder arres) om in die hof te verskyn nie.
Oor die wenslikheid daarvan om 'n spoedoortreder soos
in die onderhawige saak te arresteer wil ek my nie in besonderhede
uitspreek nie maar wil slegs wys op die doel van inhegtenisneming soos
uiteengesit in Tsose v Minister of Justice 1951 (3) SA 10 (A), veral op 17C - in fine. G
Die vraag kan gevra word of die arrestasie van
verkeersoortreders by die mobiele hof slegs en uitsluitlik ten doel
gehad om die oortreders voor die hof te bring. Dit lyk vir my of daar 'n
element van terrorisering daarin vervat is wat ook die doel sou hê om
die boete insameling te vergemaklik. Want as die boete nie betaal word
nie word die oortreder in die gevangenisbus aangehou. Wat dan van sy
voertuig, vrou en kinders? H
Onwettig sou die arrestasie nie wees nie, maar seer
sekerlik laakbaar en dit kan alleen dien om die agting wat lede van die
publiek vir die regsproses moet hê in gedrang te bring.
Die verdere vraag wat ontstaan is of dit veroorloof is
om 'n persoon na arrestasie vir 'n verkeersoortreding onmiddellik hof
toe te neem I vir verhoor? In hierdie verband moet gelet word op die uitspraak in Van Niekerk v Attorney-General, Transvaal, and Another
1990 (4) SA 806 (A). Artikel 35 van die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika 108 van 1996 in sy geheel en in besonder art 35(3)(b) is ook in hierdie verband ter sake. Die Van Niekerk-uitspraak en art 35 van die Grondwet behandel J
2002 (1) SACR p417
VAN DER WALT R
die regte van persone wat in hegtenis geneem is en wat hulle regte ten A aansien van 'n billike en regverdige verhoor behels.
Een van die fundamentele regte wat 'n beskuldigde
kragtens art 35 van die Grondwet het, is die reg tot
regsverteenwoordiging. Hierdie reg is kragteloos as dit nie aan 'n
beskuldigde meegedeel en verduidelik word nie. Dit is inderdaad wat art
35(3)(f) van die Grondwet bepaal en wat die Grondwet verg van die voorsittende beampte B in die verhoor van 'n beskuldigde. Dit is 'n reg wat vervat is in ons gemene reg en verder verskans is in die Grondwet. S v Moos1998 (1) SASV 372 (K); Hlantlala and Others v Dyantyi NO and Others1999 (2) SASV 541 (SCA).
Ek het reeds verwys na die transkripsie van die
meganiese opname van die hofverrigtinge oor die betrokke twee dae wat
deur adv Fick verkry is. C
Alhoewel die rekord van sake wat reeds vir hersiening
gestuur is en wat saamgestel is uit die landdros se notas aantoon dat
hierdie regte deur die agbare landdros, mev Swanepoel, volledig aan die
beskuldigdes meegedeel en verduidelik is, blyk die teendeel inderdaad
uit die verbatim transkripsie (as dit korrek is) van die hofverrigtinge.
D
In hierdie verband verwys ek na die sake van:
S v Ben Kaptein Timbane Hooggeregshofverw 2480
S v Mohlatlego Pieter Ramaloka Hooggeregshofverw 2531 die onderhawige saak,
S v Jacobus Christo Van Heerden Hooggeregshofverw 3029
S v Henk Vogler Du Plessis Hooggeregshofverw 3049 E
S v Cornelius Venter Hooggeregshofverw 3085
S v Mercy Sarakusebwa Hooggeregshofverw 3209
S v Johannes Jacobus Engelbrecht Hooggeregshofverw 3574
S v Jerome Claude Hendricks Hooggeregshofverw 3707
Insgelyk toon die rekords in sake 2480, 2531, 3049, 3085, en 3707 dat F die prosedure neergelê in art 112(1)(b)
van die Strafproseswet 51 van 1977 volledig aan die beskuldigdes
verduidelik is, maar daarteenoor toon die transkripsie (as dit korrek
is) dat sodanige volledige verduideliking nie plaasgevind het nie.
In sake 2480, 2531, 3029, 3085, 3209, 3049, 3574 en
3707 toon die hersieningsrekord dat die beskuldigdes se regte voor
vonnis volledig aan hul verduidelik is. Die transkripsie (as dit korrek
is) dui aan dat G so 'n volledige verduideliking inderdaad nie plaasgevind het nie.
Artikel 105 van die Strafproseswet bepaal dat die
aanklaer die aanklag aan 'n beskuldigde stel en dan word die beskuldigde
deur die hof aangesê om op die aanklag te pleit. In sake 3085 en 3029
toon die hersieningsrekord dat die aanklag deur die aanklaer gestel is,
maar H weereens blyk dit nie uit die transkripsie nie. Daar het die landdros oënskynlik die aanklag gestel.
Skulderkeningsboetes word bepaal volgens 'n bepaalde
norm soos blyk uit die voorskrifte van art 57(5) van die Strafproseswet.
Op 14 en I 15 Januarie 2001 het die betrokke
landdros egter self die bedrae van skulderkenningsboetes bepaal wat die
neergelegde norm vêr oorskry het. In die onderhawige saak met 'n spoed
van 143 km per uur en waar die spoedperk 120 km per uur is, is die norm
'n boete van R200 terwyl die beskuldigde inderdaad met R4 000 beboet is.
Uit die ondersoek wat adv Fick gedoen het, blyk dit dat die formele J
2002 (1) SACR p418
VAN DER WALT R
hofstukke, die sogenaamde J15 vorms, eers ná die
verhore ingevul is en dat die vorms ook deur die landdros voltooi is.
Dit is egter die A taak van 'n aanklaer en nie
van 'n voorsittende landdros nie om sodanige klagstate te voltooi. In
elk geval moes die klagstate, J15, voltooi en beskikbaar gewees het by
die aanvang van die verhore.
Dit is dus onduidelik op sterkte waarvan beskuldigdes
in hegtenis voor die hof gedaag is, want die skriftelike kennisgewings
is in meeste B gevalle ook nie aan hul oorhandig nie.
Na my mening is die hele regsproses grondliggend aan
die skuldigbevinding van spoedoortreders deur die mobiele hof langs die
Kranskop/Mantsole snelweg deur onreëlmatighede verdag gemaak. Die
onreëlmatighede kleur ook die gevalle waar daar skulderkenningsboetes C betaal is sonder 'n verhoor.
Om 'n oorwoë regterlike oordeel toe te pas sou dit
normaalweg wenslik wees om die feite en rekord van elke geval
afsonderlik te beskou en te beoordeel en om so te bepaal of reg
behoorlik geskied het.
Die optrede van die agbare landdros op 14 en 15 Januarie 2001 in die mobiele hof by Kranskop/Mantsole was egter so deurspek wat D
onreëlmatighede in die prosedure, die samestelling van die rekords, die
oorskryding van neergelegde boetes en dan veral die vereenselwiging van
die agbare landdros met die Departement van Vervoer se 'Arrive Alive'
veldtog dat die belangrike skeiding tussen die uitvoerende gesag soos
beliggaam in die Departement van Vervoer en die regsprekende gesag soos
beliggaam in die landdroshof heeltemal vervaag is. E
Vergelyk art 165 van die Grondwet 108 of 1996 en ook Ex
parte Chairperson of the Constitutional Assembly: In re Certification
of the Constitution of the Republic of South Africa 1996, 1996 (4) SA 744 (CC) paras [106] - [113], [123] en [133] - [139]; Van Rooyen and Others v The State and F Others 2001 (4) SA 396 (T) op 434F - 436G.
Die noodwendige gevolg van die agbare landdros se
optrede was dat die regsproses in die oë van die publiek verdag en
belaglik gemaak is. In plaas van respek vir die reg af te dwing het dit
waarskynlik net die teenoorgestelde uitwerking gehad.
As dit die manier is waarop reg by 'n mobiele hof
toegepas word, word die lofwaardige oogmerk van die 'Arrive Alive'
veldtog - om G verkeersveiligheid te bevorder -
in gedrang gebring. Die samedromming van mense en voertuie op die N1
soos beskryf deur die landdros, het waarskynlik 'n ernstige padgevaar
geskep in plaas van om dit te verhoed. Miskien moet daar weer gekyk word
na die gebruik van mobiele H howe ten tye van
so 'n veldtog. Miskien moet kennisgewings ingevolge art 56 van die
Strafproseswet op die gebruiklike wyse aan oortreders oorhandig word en
personeel by die naaste landdroshof beskikbaar wees indien oortreders
gerieflikheidshalwe onmiddellik skulderkennings wil betaal. Andersins
moet die regsproses sy gewone loop neem.
'n Sirkus soos blyk uit die beskrywing van die toneel by die I
Kranskop/Mantsole mobiele hof deur die landdros in haar redes, bevorder
nie die regspleging nie en behoort nooit weer toegelaat te word om
plaas te vind nie.
Uit hoofde van voorgaande sou reg alleen kon geskied
as al die verrigtinge waarin mev Swanepoel op 14 en 15 Januarie 2001 by
die J
2002 (1) SACR p419
VAN DER WALT R
Kranskop/Mantsole mobiele hof 'n aandeel gehad het en die wat later A eers voltooi is, ter syde gestel word.
Soos aangedui is sekere sake reeds deur verskillende
Regters op hersiening bekragtig. Aangesien die geheel prent nie aan
hulle bekend was nie is dit reg dat hul sertifikate teruggetrek word. S v Mchunu 1984 (4) SA 94 (T). B
Op aanbeveling namens die Direkteur van Openbare Vervolgings waarmee ek akkoord gaan word die volgende bevel gemaak:
In die volgende sake wat alreeds op hersiening
bekragtig is word die sertifikate teruggetrek en die skuldigbevindings
en vonnisse tersyde gestel: C
Hooggeregs- hofverwysings- nommer
Beskuldigde
Boete
2480
Ben Kaptein Timbane
R4 000 of 4 mnde g/s D
2531
Mohlatlego P Ramaloka
R4 000 of 4 mnde g/s
2559
Hendrik Petrus Cloete
R3 500 of 3 mnde g/s
3028
Ebraim M Choonara
R5 000 of 5 mnde g/s
3049
Henk V du Plessis
R4 000 of 4 mnde g/s E
3085
Cornelius Venter
R4 500 of 4 mnde g/s
3090
Jason Mark van der Nest
R5 000 of 5 mnde g/s
3195
Harold Sebele Pilane
R5 000 of 5 mnde g/s
3209
Mercy Sarakusebwa
R6 000 of 6 mnde g/s F
3239
Eugenas J Lekganyane
R6 000 of 6 mnde g/s
3342
Ronald W van Tonder
R6 500 of 6 mnde g/s
In die volgende sake wat nog op hersiening dien word die skuldigbevindings en vonnisse tersyde gestel: G
Hooggeregs- hofverwysings- nommer
Beskuldigde
Boete
3029
Jacobus C van Heerden
R4 000 of 4 mnde g/s H
3574
Johannes J Engelbrecht
R500 of 50 dae g/s
3707
Jerome Claude Hendricks
R6 000 of 6 mnde g/s
In die volgende sake was daar geen skulderkenningsboetes vasgestel I
nie en het die beskuldigdes in die hof verskyn waar hulle na
skuldigbevinding boetes opgelê is wat hulle betaal het. Die
skuldigbevindings en vonnisse word tersyde gestel. J
2002 (1) SACR p420
VAN DER WALT R
Hooggeregs- hofverwysings- nommer
Beskuldigde
Boete A
B100/2001
M S Sithole
R1 000 of 3 mnde g/s
B101/2001
H Spath
R500 of 50 dae g/s B
B102/2001
A I Munshi
R500 of 50 dae g/s
B103/2001
C J Henderson
R300 of 30 dae g/s
B104/2001
P K Hoogendyk
R200 of 20 dae g/s
B107/2001
J Phandira
R500 of 50 dae g/s C
B111/2001
S E Westraad
R300 of 30 dae g/s
B112/2001
T P Brindle
R300 of 30 dae g/s
B113/2001
A Khan
R300 of 30 dae g/s
B114/2001
K J Aphane
R500 of 50 dae g/s D
B115/2001
T Mabaso
R1 000 of 3 mnde g/s
B116/2001
L Thalane
R1 000 of 3 mnde g/s
B118/2001
J P Cilliers
R1 000 of 3 mnde g/s
B119/2001
B Oeschsen
R300 of 30 dae g/s E
B121/2001
R J Ngobeni
R300 of 30 dae g/s
B122/2001
A S Ledwaba
Gewaarsku en ontslaan
B123/2001
K Govender
R300 of 30 dae g/s
B124/2001
M E Matjukutje
R1 000 of 3 mnde g/s F
B125/2001
M B Magadla
R200 of 20 dae g/s
B126/2001
J W van der Merwe
R300 of 30 dae g/s
B127/2001
M K Lebea
R500 of 50 dae g/s
B136/2001
B J Koekemoer
R1 000 of 3 mnde g/s G
B137/2001
S E Eksteen
R200 of 20 dae g/s
B142/2001
B M Mkasi
R500 of 50 dae g/s
B143/2001
N G Sethege
R400 of 40 dae g/s
B146/2001
F S Birkestock
R400 of 40 dae g/s H
B148/2001
R H Stout
R400 of 40 dae g/s
B149/2001
J Earle
R400 of 40 dae g/s
B150/2001
S B du Plessis
R1 000 of 3 mnde g/s
B153/2001
M M L LESU
R400 of 40 dae g/s
B160/2001
K L Mmeko
R100 of 10 dae g/s I
B161/2001
A S Matome
R1 000 of 3 mnde g/s
B162/2001
E Cunningham
R400 of 40 dae g/s
B166/2001
M E Sekhwela
R600 of 60 dae g/s J
2002 (1) SACR p421
VAN DER WALT R
Hooggeregs- hofverwysings- nommer
Beskuldigde
Boete A
B167/2001
J M Mlambo
R1 000 of 3 mnde g/s
B172/2001
B H Duvenhage
R100 of 10 dae g/s B
B174/2001
M S Machaka
R500 of 50 dae g/s
B183/2001
N M Kgengwyane
R2 300 of 3 mnde g/s
B185/2001
N M F Netshimbani
R1 200 of 3 mnde g/s
B193/2001
H M Kekana
R1 000 of 3 mnde g/s C
B199/2001
L W Goossen
R2 300 of 3 mnde g/s
B200/2001
K F McCullaugh
R1 200 of 3 mnde g/s
B217/2001
A Pretorius
R1 200,00 of 3mnde g/s
B219/2001
S Nkosi
R1 200 of 3 mnde g/s R500 of 50 dae g/s D
B235/2001
A Storm
R1 200 of 3 mnde g/s
B279/2001
D Louwrens
R1 300 of 3 mnde g/s
B285/2001
V C Kruger
R1 500 of 3 mnde g/s
In die volgende saak is daar te hoë bedrae ter erkenning van skuld vasgestel en het die beskuldigdes in die hof E verskyn, word skuldig bevind en betaal die boetes. Die skuldigbevindings en vonnisse word tersyde gestel.
Saaknommer van Laerhof
Beskuldigde
Vonnis F
B226/2001
M Mtloko
R2 500 of 3 maande g/s
B227/2001
P A Onderlay
R2 500 of 3 maande g/s
B291/2001
M N Legodi
R2 500 of 3 maande g/s G
In die volgende sake is erkennings van skuld betaal
nadat die landdros die bedrae vasgestel het. Die skuldigbevindings en
vonnisse word tersyde gestel:
Saaknommer van Laerhof
Beskuldigde
EVS Betaal H
B151/2001
K Moya
R500
B194/2001
K J Sibanda
R1 000
B159/2001
M V Ramonetha
R500 I
B232/2001
H S Smith
R800
In die volgende saak het die beskuldigdes erkennings
van skuld betaal sonder om in die hof te verskyn. Die skuldigbevindings
en vonnisse word tersyde gestel. J
2002 (1) SACR p422
VAN DER WALT R
Saaknommer van Laerhof
Beskuldigde
EVS Betaal A
B129/2001
N N Buka
R500
B234/2001
M L Masango
R500
B109/2001
S J Capazoria
R600 B
B184/2001
K D Ledwaba
R1 000
B144/2001
M M Sekhula
R800
B173/2001
B Nkomo
R900
B129/2001
J J Mabunda
R600 C
B139/2001
N A Mashala
R200
B155/2001
E Halloway
R300
B158/2002T
Fourie
R900
B165/2001
M W Sekhu
R200 D
B171/2001
G van der Merwe
R300
B182/2001
K P Masango
R1 200
B187/2001
M I Abdullah
R1 000
B211/2001
M L Nefefe
R1 000 E
B216/2001
S L Boloka
R1 200
B220/2001
T J Maretlane
R1 000
B228/2001
M J Bkuwer
R1 200 F
B223/2001
M C Savva
R1 000
B225/2001
G M Monareng
R1 200
B231/2001
P J Cilliers
R1 200
B236/2001
E D Botes
R1 200 G
B239/2001
J H Minnie
R1 000
B241/2001
M A Moela
R1 000
B242/2001
M P Mokami
R1 000
B247/2001
M Mbonani
R200 H
B266/2001
P Kuiper
R1 000
B268/2001
M V Mashile
R500
B272/2001
S F de Bruin
R1 200
B273/2001
M F Sema
R500 I
In die volgende sake, hoewel skulderkenningsbedrae wel
vasgestel is, het die beskuldigdes nie betaal nie, is voor die hof
gebring waar hul skuldigbevind en gevonnis is en hul boetes betaal het.
Die skuldigbevindings en vonnisse word tersyde gestel. J
2002 (1) SACR p423
VAN DER WALT R
Saaknommer van Laerhof
Beskuldigde
Vonnis A
B120/2001
K E Matshele
R800 of 80 dae g/s
B132/2001
M D Phalane
R1 000 of 3 mnde g/s
B141/2001
M P Kgopa
R1 000 of 3 mnde g/s B
B163/2001
M P Nkwana
R1 500 of 3 mnde g/s
B196/2001
M R Manyama
R1 500 of 3 mnde g/s
B106/2001
B D Puka
R200 of 20 dae g/s
B117/2001
M M Mushwana
R300 of 30 dae g/s C
B130/2001
K K Mabotja
R300 of 30 dae g/s
B131/2001
J C Loots
R1 100 of 3 mnde g/s
B134/2001
F Rakolog
R300 of 30 dae g/s
B135/2001
M H Mmonwa
R300 of 30 dae g/s
B138/2001
M S Mashoa
R400 of 40 dae g/s D
B140/2001
N Khan
R1 200 of 3 mnde g/s
B169/2001
S E Mahlo
R600 of 60 dae g/s
B175/2001
J L C P van der Berg
R1 000 of 3 mnde g/s
B176/2001
J P Coetzer
R500 of 50 dae g/s E
B178/2001
M P W Swanepoel
R1 000 of 3 mnde g/s
B177/2001
A M Botha
R800 of 80 dae g/s
B179/2001
M G Masilela
R500 of 50 dae g/s
B180/2001
M N M Maloba
R1 000 of 3 mnde g/s F
B186/2001
B T Majola
R1 200 of 3 mnde g/s
B188/2001
A Ramano
R200 of 20 dae g/s
B189/2001
J M Ferreira
R1 000 of 3 mnde g/s
B192/2001
J W Pienaar
R500 of 50 dae g/s
B203/2001
K A Boshielo
R1 200 of 3 mnde g/s G
B198/2001
J H Cloete
R500 of 50 dae g/s
B207/2001
V Mokgoka
R1 000 of 3 mnde g/s
B208/2001
T P Mashilane
R1 000 of 3 mnde g/s
B209/2001
P Maake
R2 000 of 6 mnde g/s H
B210/2001
L Ngwenya
R400 of 40 dae g/s
B212/2001
M E Mabaso
R1 000 of 3 mnde g/s
B214/2001
L Booyse
R300 of 30 dae g/s
B222/2001
T D Moela
R1 000 of 3 mnde g/s
B229/2001
J C Bodington
R1 200 of 3 mnde g/s I
B238/2001
M A Ntuli
R500 of 50 dae g/s
B248/2001
M J F Mamabolo
R1 200 of 3 mnde g/s
B249/2001
A Swanepoel
R1 200 of 3 mnde g/s J
2002 (1) SACR p424
VAN DER WALT R
Saaknommer van Laerhof
Beskuldigde
Vonnis A
B251/2001
U M Mello
R500 of 50 dae g/s
B252/2001
A Hlongwane
R500 of 50 dae g/s
B259/2001
E M Kgosana
R500 of 50 dae g/s B
B265/2001
M Buys
R1 500 of 3 mnde g/s
B262/2001
E J Abrie
R300 of 30 dae g/s
B261/2001
P Dube
R200 of 20 dae g/s
B260/2001
L M McKantoa
R500 of 50 dae g/s C
B267/2001
M P Clough
R500 of 50 dae g/s
B276/2001
B Lesego
R300 of 30 dae g/s
B277/2001
H Sulliman
R500 of 50 dae g/s
B286/2001
A M Rouse
R1 200 of 3 mnde g/s D
In die volgende sake is borg vasgestel en die sake
uitgestel maar is afgehandel deurdat die beskuldigdes die boetes later
betaal het. Die skuldigbevindings en vonnisse word tersyde gestel. E
Saaknommer van Laerhof
Beskuldigde
Borg
Boete Betaal
B128/2001
M L Maluleke
R1 000
R300
B145/2001
P P Ntsewa
R1 000
R500
B154/2001
Munzhelele
R1 000
R1 200 F
B157/2001
A M Lekgwathe
R1 000
R300
B164/2001
M E Mamabolo
R1 000
R200
B202/2001
R Oosthuizen
R1 000
R250
B246/2001
F J D Potgieter
R4 000
R500
B255/2001
J de Wet
R10 000
R1 500 G
B288/2001
E R Baloyi
R10 000
R1 000
B206/2001
T R Selebete
R1 000
R200
B282/2001
E E Tsatsa
R5 000
R500 H
Dit word gelas dat in elkeen van die gevalle hierbo
genoem die bedrae wat deur die beskuldigdes betaal is deur die klerk van
die Warmbad landdroshof aan die betrokke beskuldigde terugbetaal word.
Dit word verder gelas dat hierdie uitspraak aan die voorsitter van die Landdroste Kommissie gestuur word. I